Dr. Wilhelm Lichtenberg, die stigter van Young Hearts Africa, het vroeër vandeesweek die stigting vir torakschirurgie se gesogte Every Heart Matters-toekenning vir sy humanitêre werk ontvang.
Uit die 14 toekennings wat tydens die toekenningsgeleentheid uitgedeel is, was Lichtenberg die enigste boorling van Afrika wat ʼn prys ingepalm het.
Sedert die Young Hearts Africa-stigting sy deure in 2021 geopen het, kon daar reeds sowat 30 kinders, in samewerking met die Rooikruis-hospitaal in Kaapstad, operasies ondergaan.
Meer as 4 000 uit die 13 000 kinders wat jaarliks met ʼn aangebore hartafwyking gediagnoseer word, het ʼn operasie nodig om hul lewens te red. Daar word egter tans slegs 800 van dié operasies ʼn jaar deur die staat uitgevoer, gegewe die gebrek aan geriewe, spesialiste en befondsing.
“Omdat openbare gesondheidsorg in Suid-Afrika op sy knieë is, opereer ons egter minder as ʼn duisend kinders per jaar, met ander woorde sowat 4 000 kinders sterf jaarliks weens hartsiektes omdat hulle nie operasies kan ontvang nie,” het Lichtenberg vroeër aan Maroela Media gesê.
“In die private sektor kos so ʼn operasie sowat R250 000 en in staatshospitale is daar nie kapasiteit nie. Met die geld wat ons vir die stigting insamel, skep ons groter kapasiteit om meer kinders te kan help.”
Die Every Heart Matters-toekenning sluit ʼn toelaag van $23 000 (sowat R425 000) in en is deur die Edwards Lewenswetenskappe-stigting geborg. Lichtenberg het ook onlangs in Kalifornië in die VSA gaan draai om skouers te skuur met ander internasionale pryswenners.
“My droom is om binne vyf jaar operasies op ʼn duisend kinders te doen. Dit klink baie, maar as jy dit mooi afbreek, is dit nie soveel nie.”
Die ‘singende chirurg’
Wanneer Lichtenberg nie by die operasietafel staan nie, is hy agter ʼn mikrofoon.
Sy album Sacred Heart is juis opgeneem om geld vir die stigting in te samel.
Wanneer Lichtenberg nie by die operasietafel staan nie, is hy agter ʼn mikrofoon.
Om met dr. Wilhelm Lichtenberg in verbinding te tree, of om betrokke te raak by die Young Hearts Africa-stigting, of vir meer inligting oor die stigting, besoek die