Met net soveel passie en toewyding soos elke liewe hartoperasie benader Dr Wilhelm Lichtenberg, ‘n hartchirurg en (in sy bietjie vrye tyd buite die hospitaal) klassieke tenoor van Kaapstad, die projek wat ‘n boodskap van vrede, hoop en genesing aan elke Suid Afrikaner moet verkondig.
Die snydokter, beskeie dog net so skerp soos die operasiemes waarmee hy daagliks mense se lewens red, se breinkind staan bekend as Gebed Vir Vrede, en bestaan uit ‘n versameling gewyde liedere, waarvan ses oor ‘n tydperk van twee jaar as musiekvideos uitgereik sal word, en ‘n verdere ses liedere wat almal saam op ‘n unieke album saamgevat gaan word en ten tye van Paasfess volgende jaar die lig sal sein.
Die eerste lied in die reeks, die immergroen Koos du Plessis-lied Somerkersfees, is pas vrygstel en selfs Wilhelm is stomgeslaan deur die unieke interpretasie van die lied wat al soveel keer opgeneem en gesing is.
Die legendariese Amanda Strydom het haar fluweelstem by Wilhelm se glashelder en pragtig afgeronde tenoorstem gevoeg en saam met die Tygerberg Kinderkoor en die Suid Afrikaanse Jeugkoor het Riaan Steyn se geniale verwerking in ‘n elegante en hartroerende juweel ontaard wat beloof om die Kersfees se grootste treffer te wees. Dit is ook die eerste keer in die geskiedenis van die gewilde kerslied dat ‘n Sesotho vers bygewerk is. Hierdie is die pennevrug van Derek Phofa, ‘n kollega van die chirurg wat as verplee saam met hom na sy pasiente in die Intensiewe Sorgeenheid omsien.
Om die lied so verteenwoordigend as moontlik te interpreteer, glo Wilhelm dat die boodskap van vrede en liefde tot elke Suid Afrikaner sal spreek. Ek will die boodskap in almal se harte gaan, se hy met ‘n glimlag. Dit is sekerlik die belangrikste boodskap wat ons land op hierdie stadium moet hoor, gaan hy voort. Daar is lankal nie meer tyd of plek vir politiek as dit om mense se lewens gaan nie. Ons as eenvoudige landsburgergs moet weer in vrede saamstaan en hande vat om ons eie toekoms te verseker.
Hy het self besluit op mense saam met wie hy graag wou werk en het hulle persoonlik genader om deel van die projek te word wat met die motto saam na nuwe begin, saam na n beter lewe sy uiters belangrike boodskap wil uitdra.
Gebed Vir Vrede sluit onder andere ook liedere soos Gebed vir Afrika, Wees Stil en Weet, Gebed, Ndikhokhele Bawo en I Vow To Thee My Country in en poog om fondse in te samel vir Vriende van Landbou, n nie-winsgewende organisasie wat hom dit ten doel stel om boeregemeenskappe wat deur die voortslepende droogte en die onlangse vernietigende brande geknel is, by te staan. Ek het nog altyd geseÌ ek wil met elke lied wat ek sing, iets positief probeer bereik en ek hoop ons kan dit op hierdie manier bereik, se Wilhelm.
Oor die redes waarom Wilhelm besluit het om Vriende van Landbou te ondersteun se hy: “Ons land se voedselsekerheid is in gedrang”. Die voortslepende droogte en onlangse brande het nog meer druk op die krities belangrike ekonomiese sektor geplaas. Die grootste gevolg van die afgelope jaar se staat van inperking, naamlik ernstige hongersnood weens armoede, gaan nog lank in die toekoms gevoel word.
Elke dage word elkeen in ons land se lewens bedreig deur n kultuur van geweld. Die verantwoordelikheid le by ons as landsburgers om hande te vat en saam te staan om die probleem op te los en ons wil daardie boodskap oordra. Suid Afrika se Singende Chirurg het verlede jaar op sy eie kenmerkend beskeie wyse op die musiektoneel as een van die land se voorste kunstenaars ontpop met sy sensasionele album, Tale Van My Hart. Hierop snoer hy onder andere vir die titelsnit met die bekroonde Nederlandse sanger Stef Bos kragte. Dit is baie goed deur die publiek ontvang en Wilhelm het n huishoudelike naam geword.